• TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BYDRAES
  • KONTAK ONS

FamilieKerk Bottelary:

'n Plek waar jy kerk op ‘n nuwe manier kan beleef! Ons doen kerk vars en sprankelend sodat elkeen, en veral jong gesinne, dit kan geniet soos dit bedoel is om te wees. Die lewe wat Christus bied is iets om oor opgewonde te wees en kerkwees is dus vir ons een groot avontuur.

1.WIE IS ONS?
2. DENOMINASIE
3. GELOOFSBELYDENIS
4. WIE GOD IS
5. LIDMAATSKAP
6. DOOP
7. DIE HUWELIK

FamilieKerk Bottelary is ‘n evangeliese kerk gelei deur die Heilige Gees, wat staan op die onveranderlike Woord van God. Hierdie Woord verander ons as individue asook gemeenskappe (vgl 2 Tim 3:16)

Alhoewel ons amptelik deel is van ‘n denominasie, neem ons ons eie besluite soos wat ons deur Bybel en Heilige Gees gelei word. Jesus Christus is self die hoof van die kerk – Hy het dan ook die laaste sê en geen sinode of pous nie. Ons besit ons eie eiendomme en is volledig outonoom in besluitneming.

Ons onderskryf die algemene behoudende Skrifverstaan soos deur al die eeue beleef en verwerp menslike sieninge en beginsels wat gebou is op humanistiese enliberalistiese beïnvloeding. FamilieKerk is ‘n kerk gebou op behoudende Bybelse waardes. Ons lees en verstaan die Bybel soos dit daar geskryf is. Dit verskaf vir ons die riglyne hoe ons as gemeente funksioneer en ons persoonlike lewens lei.

God is Drie-enig: Vader, Seun en Heilige Gees, drie afsonderlike Persone maar een God. Ons bou verhouding met al drie hierdie Persone omdat elkeen noodsaaklik is vir ons verlossing en welwese.

- God is ‘n Goeie Vader wat die beste belange van sy kinders op die hart dra en ons wil seën sodat ons vir ander ‘n seën kan wees.·    

- God is Jesus Christus wat vir ons gesterf het sodat ons saam met hom in ‘n nuwe oorwinnende lewe kan opstaan en vir ewig saam met hom kan wees.·

- God is die Heilige Gees wat in ons woon en werk – Hy staan ons by met krag en lei ons sodat ons ‘n verskil in hierdie wêreld kan maak.

Enige persoon is welkom om by FamilieKerk te aanbid. Om deel van die kerk van Jesus te word, moet hy bely word as jou Verlosser – elke mens word gered deur genade alleen sonder enige verdienste (vgl 2 Kor 10:17).

Ons doop kinders op grond van die Christelike tradisie soos deur eeue lange gebruikin die Christelike kerk. Ouers wat glo dat die belydenisdoop die regte manier is, soos dit in die Nuwe Testament na vore kom, gebruik egter die toewyding van ‘n baba as manier om kinders onder God se seëning te plaas.

Die mens is man en vrou geskep en die Christelike huwelik is deur God ingestel asdie manier hoe ‘n liefdesverhouding permanent gemaak word. Dieselfde geslaghuwelike word dus nie as Bybels gesien nie, alhoewel die burgerlike reg en gebruikdaarvan erken word.

Indien jy verdere navrae hieroor het, kontak gerus vir Pieta Wolfaard by pieta@churchadventure.co.za