Hemelvaart Diens

Donderdag 21 Mei   9:00 | 19:00

"God se drie huise"

Beleef saam met ons die wonder van Jesus se hemelvaart wanneer ons saam nadink oor:

Nadat Jesus dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.   ~  Handelinge 1:9

Watch on YouTube

SONDAG DIENSTE  9:30

FamilieKerk se in-persoon dienste het weer begin maar weens die huidige Covid inperkings kan dienste op Sondae 9:30 slegs 50 mense akkommodeer.

                                    (Alle Covid protokolle word gevolg!)

                   JOIN ONS IN-PERSOON OF AANLYN OP ONS YOUTUBE KANAAL!

Watch on YouTube

Hierdie maand by FamilieKerk

As gelowiges word ons aandag heeltyd in verskillende rigtings getrek, wat lei tot emosionele uitputting, stadige geestelike groei en algemene oneffektiwiteit. Deur 'n paar eenvoudige fokusverskuiwings te maak kan gewone mense buitengewone lewens lei saam met God.

“Therefore…let us run with endurance and active persistence the race that is set before us, [looking away from all that will distract us and] focusing our eyes on Jesus, who is the Author and Perfecter of faith.”‭‭ -Hebrews‬ ‭12:1-2‬ ‭AMP‬‬

Huiskerke

‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met 'n paar ander mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou geloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap. Dis ook die ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente en nuwe vriende te maak. Groepe kom een keer 'n week saam om te lag, eet, gesels, worship, bid en die Woord te bestudeer. So word sterk verhoudings gebou wat baie verder gaan as net die weeklikse byeenkoms.

Kinders & Tieners

Dit ís lekker om die Here te dien! En Sondae is een van ons gunstelingdae om dit te doen. By ons jeug is dit geen uitsondering nie. Elke Sondag om 09:30 is daar plek vir ons jongspan om Jesus te leer ken, saam te groei en sommer baie pret te hê.

JESUSKIDZ

Vir ons voorskool- en laerskoolmaats

Groepe: 0–6 jaar en 7–11 jaar

By Jesuskidz leer kinders die waarhede van Jesus op ’n prettige, kreatiewe en ouderdomstoepaslike manier.

Met lekker aktiwiteite en betekenisvolle oomblikke word hulle bedien, betrek en besig gehou — alles met Jesus as middelpunt.

TIENERKERK

Vir Graad 6, Graad 7 en hoërskoolleerders. Ons tieners kom ook Sondae om 09:30 bymekaar. Hier gesels ons oor die dinge wat regtig saak maak — hoe om ’n sterk, egte en diep verhouding met Jesus te bou. Saam met ander van hulle ouderdom aanbid hulle die Here, leer hulle Hom beter ken en ontdek hulle hul doel en roeping. Ons droom is dat ons jeug ’n passie en liefde vir God sal hê en dit elke dag uitleef.

Sien julle daar!

EOG4

Ons is nie bedoel om alleen te moet sukkel en swaarkry nie. Almal van ons het behoefte aan ondersteuning en bemoediging - ons leef in tough tye.

Ons stel bekend 'n weeklikse aanlyn emosionele ondersteuningsgroepe onder beskerming van Vredelust Gemeente en FamilieKerk Bottelary. Kom gesels saam oor die dinge wat pla en kry handige tools om jou te help om beter te cope met jou omstandighede en nuwe vreugde te vind.

Groepe kom weekliks aanlyn bymekaar met WhatsApp as platform wat dit vir meeste mense maklik en toeganklik maak. Daar sal maksimum 8 persone per groep wees met een of twee persone wat die gesprekke fassiliteer.

Dis heeltemal Gratis!

Kontak Diedre Mans (073 545 5821) of Lelanie van Zyl (084 392 1985) vir navrae of inskrywings.

Sonja Basson is ons leier by JesusKidz. Sonja en haar gesin is opgewonde oor FamilieKerk en wat die Here besig is om te doen.

Kinderkerk is nie net 'n program vir kinders nie, maar kerk vir kinders.

Vir enige vrae kontak haar gerus.

Kontak: