• TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BYDRAES
  • KONTAK ONS

Hemelvaart Diens

Donderdag 21 Mei   9:00 | 19:00

"God se drie huise"

Beleef saam met ons die wonder van Jesus se hemelvaart wanneer ons saam nadink oor:

Nadat Jesus dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.   ~  Handelinge 1:9

Watch on YouTube

SONDAG DIENSTE  9:30

FamilieKerk se in-persoon dienste het weer begin maar weens die huidige Covid inperkings kan dienste op Sondae 9:30 slegs 50 mense akkommodeer.

                                    (Alle Covid protokolle word gevolg!)

                   JOIN ONS IN-PERSOON OF AANLYN OP ONS YOUTUBE KANAAL!

Watch on YouTube

Hierdie maand by FamilieKerk

As gelowiges word ons aandag heeltyd in verskillende rigtings getrek, wat lei tot emosionele uitputting, stadige geestelike groei en algemene oneffektiwiteit. Deur 'n paar eenvoudige fokusverskuiwings te maak kan gewone mense buitengewone lewens lei saam met God.

“Therefore…let us run with endurance and active persistence the race that is set before us, [looking away from all that will distract us and] focusing our eyes on Jesus, who is the Author and Perfecter of faith.”‭‭ -Hebrews‬ ‭12:1-2‬ ‭AMP‬‬

kinders & tieners

Het jy 'n vraag of wil met iemand gesels?

Ons wil graag van jou hoor! Stuur jou vraag of boodskappie na

sonjabasson9@gmail.com

Dit is mos lekker om die Here te dien! En Sondae is een van ons gunsteling dae om dit te doen. En by ons jeug is dit geen uitsondering nie.
Elke Sondag om 9:30 het ons JESUSKIDZ vir ons voorskool en learskool maats!! Hier leer hulle die waarhede van Jesus en doen lekker aktiwiteite om die jongspan te bedien en besig te hou!
#TIENERS vir ons Hoërskool kids wat ook om 9:30 bymekaarkom. Hier gesels hulle oor die dinge wat nodig is vir hulle om ‘n sterk en diep verhouding met Jesus te bou!!
Ons is LIEF vir ons jongmense en ons weet dat hulle ook op ‘n hulle spesiale manier bedien moet word. Om saam met ander hulle ouderdom van die Here te leer en Hom saam te aanbid.Sien julle daar!
EOG4

Ons is nie bedoel om alleen te moet sukkel en swaarkry nie. Almal van ons het behoefte aan ondersteuning en bemoediging - ons leef in tough tye.

Ons stel bekend 'n weeklikse aanlyn emosionele ondersteuningsgroepe onder beskerming van Vredelust Gemeente en FamilieKerk Bottelary. Kom gesels saam oor die dinge wat pla en kry handige tools om jou te help om beter te cope met jou omstandighede en nuwe vreugde te vind.

Groepe kom weekliks aanlyn bymekaar met WhatsApp as platform wat dit vir meeste mense maklik en toeganklik maak. Daar sal maksimum 8 persone per groep wees met een of twee persone wat die gesprekke fassiliteer.

Dis heeltemal Gratis!

Kontak Diedre Mans (073 545 5821) of Lelanie van Zyl (084 392 1985) vir navrae of inskrywings.

Saam groei ons beter

Ek wil aansluit

huiskerke

‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met 'n paar ander mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou geloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap. Dis ook die ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente en nuwe vriende te maak.

Groepe kom een keer 'n week saam om te lag, eet, gesels, worship, bid en die Woord te bestudeer met mense in min of meer dieselfde lewensfase as hulself. So word sterk verhoudings gebou wat baie verder gaan as net die weeklikse byeenkoms.

Alternatiewe reëlings tydens Lockdown verskil van groep tot groep en sal deur die groepleier aan jou kommunikeer word.

huiskerke4