FamilieKerk is gebou op vier pilare van kerk wees soos ons dit verstaan: aanbidding, fellowship (huiskerke), uitreik en getrouheid aan die visie wat God aan ons gegee het, om lewens en gemeenskappe te verander. Ons hart klop vir die gemeenskap van Brackenfell en veral vir jong gesinne: dat hulle die lewensveranderende liefde van God sal ervaar, groei in geloof deur egte verhoudings, en saam die hande en voete van Jesus in ons gemeenskap sal wees. So wil ons God se visie uitleef, vir elke gesin en vir die gemeenskap van Brackenfell.
EK IS NUUT
Die geheim is uit, ons jaartema vir 2026 is bekend: VERANDER!
Mag Christus vanjaar ons lewens verander om al meer soos Hy te lyk, sodat ons kan uitgaan en ook ander se lewens en gemeenskappe kan help verander. Maak vas jou sitplekgordel!“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.”
2 Korintiërs 3:18 NLV
Elke Sondag bring ons vir jou 'n vars en geesvervulde boodskap wat jou lewe kan verryk en jou bemoedig. Kom ervaar Familie in die teenwoordigheid van Jesus.
WAAR IS ONS
Sondae @09:30
Sondae @09:30
FamilieKerk is 'n kampus van Vredelust Gemeente en volg dieselfde reekse en gebruik dieselfde predikers. Volg gerus Vredelust Gemeente se live stream.
Vredelust Youtube Kanaal
ADDRESS INFO
Kantoor ure
WEEKSDAE
MAANDAG & DONDERDAG - BY FAMILIEKERK
08:00 am tot 16:00 pm
EN
DINSDAG EN WOENSDAG - VREDELUST
08:30 AM - 14:00 PM
10 Willem Cl, Brackenfell South, Cape Town, 7560
082 815 4644
NAWEKE
SONDAE
09:30
FAMILIEKERK GROETE