Ons doen kerk NUUT en VARS sodat elkeen, veral jong gesinne, dit kan geniet soos dit bedoel is om te wees. Die LEWE wat Christus bied is iets om oor opgewonde te wees en kerkwees is vir ons 'n avontuur.
"En laat ons nie versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom." - Hebreërs 10:25
Elke Sondag bring ons vir jou 'n vars en geesvervulde boodskap wat jou lewe kan verryk en jou bemoedig. Kom ervaar Familie in die teenwoordigheid van Jesus.
Join ons aanlyn vir 'n volledige diens vanuit die gerief van jou eie huis. Dienste word op YouTube gestream
SONDAE 9:30
FAMILIEKERK YOUTUBE KANAAL
begin hier
Is jy nuut? Wil jy meer weet oor FamilieKerk Bottelary? Het jy vrae of 'n gebedsversoek, of wil jy sommer net gesels? Ons wil graag met jou connect.
Connect hier
Hemelvaart Diens
Donderdag 21 Mei 9:00 | 19:00
"God se drie huise"
Beleef saam met ons die wonder van Jesus se hemelvaart wanneer ons saam nadink oor:
Nadat Jesus dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. ~ Handelinge 1:9
Watch on YouTube
SONDAG DIENSTE 9:30
(Alle Covid protokolle word gevolg!)
JOIN ONS IN-PERSOON OF AANLYN OP ONS YOUTUBE KANAAL!
Watch on YouTube
As gelowiges word ons aandag heeltyd in verskillende rigtings getrek, wat lei tot emosionele uitputting, stadige geestelike groei en algemene oneffektiwiteit. Deur 'n paar eenvoudige fokusverskuiwings te maak kan gewone mense buitengewone lewens lei saam met God.
kinders & tieners
Het jy 'n vraag of wil met iemand gesels?
Ons wil graag van jou hoor! Stuur jou vraag of boodskappie na
Hierdie reeks van 7 Bybelstudies wil jou laat groei in jou verhouding met God deur jou te help om ‘n God-gesentreerde lewe te lei. Gebaseer op die boek van Henry Blackaby: Experiencing God
Sien meer...
Hierdie reeks van 6 Bybelstudies wil jou laat groei in jou verhouding met God deur jou in te neem in die waarheid dat ons belangrikste roeping op aarde is om lief te hê.
Sien meer...
Hierdie reeks van 4 Bybelstudies wil jou laat groei in jou verhouding met God deur jou opnuut te laat besin oor die rol van gebed in jou daaglikse wandel met Jesus.
Sien meer...
Ons is nie bedoel om alleen te moet sukkel en swaarkry nie. Almal van ons het behoefte aan ondersteuning en bemoediging - ons leef in tough tye.
Ons stel bekend 'n weeklikse aanlyn emosionele ondersteuningsgroepe onder beskerming van Vredelust Gemeente en FamilieKerk Bottelary. Kom gesels saam oor die dinge wat pla en kry handige tools om jou te help om beter te cope met jou omstandighede en nuwe vreugde te vind.
Groepe kom weekliks aanlyn bymekaar met WhatsApp as platform wat dit vir meeste mense maklik en toeganklik maak. Daar sal maksimum 8 persone per groep wees met een of twee persone wat die gesprekke fassiliteer.
Dis heeltemal Gratis!
Kontak Diedre Mans (073 545 5821) of Lelanie van Zyl (084 392 1985) vir navrae of inskrywings.
Saam groei ons beter
Ek wil aansluit
huiskerke
‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met 'n paar ander mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou geloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap. Dis ook die ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente en nuwe vriende te maak.
Groepe kom een keer 'n week saam om te lag, eet, gesels, worship, bid en die Woord te bestudeer met mense in min of meer dieselfde lewensfase as hulself. So word sterk verhoudings gebou wat baie verder gaan as net die weeklikse byeenkoms.
Alternatiewe reëlings tydens Lockdown verskil van groep tot groep en sal deur die groepleier aan jou kommunikeer word.
FamilieKerk
ABSA (Tjekrekening)
Rek no: 404 817 6603
Tak no: 63 2005
Elektroniese oorplasing
BYDRAES BY FAMILIEKERK
Bankbesonderhede
Jy kan ook jou bydraes maak met jou selfoon... veilig, vinnig, gerieflik!
Stap 1: Laai die Zapper App af
Stap 2: Scan jou kredietkaart, kies ‘n pin... en voila!
Stap 3: Maak die App oop, scan die Vredelust Zapper Kode (QR-Code) met jou foon, tik die bedrag in.
Afgehandel!
Hoe werk dit? Sien video
LEES MEER: Wat sê Die Bybel oor tiendes?
WAAROM GLO ONS IN DIE BEGINSEL VAN TIENDES?
Die Bybel gee duidelike riglyne oor die bestuur van ons finansies. Daarom hou ons nie basaars, veilings, kunsmarkte en ander fondsinsamelings by Vredelust nie, maar vertrou die Here dat Hy in die behoeftes van individue en die gemeente sal voorsien wanneer ons almal getrou is aan die beginsels wat Hy leer, soos die gee van die eerste tiende van jou inkomste aan die Here.
Button label
Welkom
Hier by FamilieKerk wil ons vir jou 'n geestelike tuiste skep deur jou te help om God te ontmoet en met ander mense te connect.
ontvang jou gratis nuusbrief!
Kry die weeklikse FAMILIEKERK nuusbrief in jou Inbox
Daaglikse
Inspirasie
Ontvang die FamilieKerk Oordenking dagstukkie elke oggend in jou Inbox.
Through the Lord’s mercies we are not consumed, Because His compassions fail not. They are new every morning; Great is Your faithfulness. Lamentations 3:22-23
Subscribe
JOU INLIGTING IS VEILIG BY ONS
10 Wilhelm Close, De Vygen
Brackenfell South, Cape Town,
7560
084 392 1985
info@familiekerkbottelary.co.za
Waar is FamilieKerk
FamilieKerkBottelary
Download: Inskrywingsvorm_FamilieKerk.doc